Heeft u vragen? Bel ons gerust: +31 (0)78 7850702

Rugby Worldcup 2015

Sleep out tijdens safari reis in Zuid Afrika 2
Africa - Sable Tours Afrika ongeëvenaard

Rugby Worldcup 2015

Wat is rugby?

Die vraag hoor ek baie in Nederland. Dit is snaaks, want vir ons is dit natuurlik elke dag se kos. My eerste ervaring met rugby was al vanaf die dag dat ek kon loop, en ek het daardoor dus mee grootgeword.

Ek het begin rugby speel toe ek 6 jaar oud was, op kaal voete in die stof waar net hier en daar ’n stukkie gras was. Maar ek mag nie huil nie, want die enigste kommentaar wat ek by die huis kry was dat egte manne nie huil nie. Ook nie as ek op meerdere plekke bloei nie!

Rugby is amper soos sokker (of soos julle dit ken ‘voetbal’). Behalwe vir ’n paar kleine verskillietjies is die grootste verskil dat rugby gespeeld word door echte manne, en glo dit of nie, maar ook vroue (nou ja, in dit geval wonder ek ook soms of dit vroue is..!)

15 Manne aan elke kant het maar een doel. Die bal moet in besit wees en daarmee gaan jy hardloop om ’n drie te druk agter jou teenstanders se doelyn. Hiervoor het elke span ’n klomp groot ouwens, maar ongeveer de helfte agter in die veld is weer meer gebou vir spoed. Jy kan ook punte kry as jy die bal deur die pales skop.

Maar rugby spelers is maar een verhaal. Ek dink die mooiste van alles is die rugby supporter. Hulle is anders as ‘voetbal’ supporters. Kyk maar goed rond. Hier is geen dinge soos ‘supporter vakken’ nie, almal sit deurmakaar! Niemand gaan met mekaar voor of na die wedstrijd baklei nie, die werklikheid is dat almal lekker na die bar gaan vir ’n bier, of jou span nou gewen het of nie.

Die mooie van rugby is alles wat daarmee saamgaan, geen vyande, maar vriende, bier, biltong en braai is logies op ’n groot rugby dag, en môre het ons dit alwaar alles vergeet as ons met ’n groot babelas wakker word!

Rugby is ’n spel vir echte manne, en ons weet ook dat vroue mal is om egte manne te sien. In Engels het ons daar ’n spreekwoord voor:“Footbaal is a gentleman’s game played and supported by hooligans and rugby is a hooligan game played and supported by gentleman”

As ek dan hoor dat daar tussen sommige spanne se trainers afsprake gemaak word volgens tradisie dat die span dat wen se trainer vir die span wat verloor se trainer na die wedstryd ’n bier in ’n kroeg koop en hulle dan saam sit en drink, kan ek jou alleen een ding vertel; my Afrikaanse hart sal altyd verlief wees op rugby.

Pieter

Rugby spelers tijdens Worldcup 2015
  • Deel deze pagina via
Over ons Pieter en Marcella

Enthousiast geworden over een reis naar Afrika?

Wij zijn Pieter en Marcella van Sable Tours. We helpen u graag verder. Sable Tours is uw persoonlijke Afrika specialist voor unieke Afrika reizen. Wij gaan voor persoonlijke aandacht.

Luipaard tijdens luxe safari in Afrika

En blijf op de hoogte van ons laatste nieuws over Afrika en onze reizen.

Dit veld is bedoeld voor validatiedoeleinden en moet niet worden gewijzigd.